Gogga Kleuterskool se Siektebeleid

Volgens Gesondheidsregulasies mag geen kinders met infeksie/siekte, of wat besig is met ʼn siklus van voorgeskrewe antibiotika, skool bywoon nie. 


Om die risiko van oordrag van siektes aan ander kleuters, babas en personeel te vermy, tree ons streng op in terme van die eerste tekens van siekte. 


Ouer sal geskakel word om hul baba/kleuter te kom haal, as hul baba/kleuter koors/braking/diarree ontwikkel; buite die norm tam/pap voorkom; of nie wil eet of drink nie (veral van toepassing op babas). 
Geen baba of kleuter met koors en/of ʼn seer keel, ʼn uitslag, kopluise, diarree en/of naarheid, of enige aansteeklike siektes sal by die skool toegelaat word nie. 


Eers na 48 uur vry van koors (of die tydperk soos deur die dokter aangewys) sal die baba/kleuter weer by die skool toegelaat word. 


Geen ouer mag medikasie voor skool toedien om sodoende ernstige simptome (koors/braking) te onderdruk, en u baba/kleuter dan skool toe bring nie. Personeel sal eenvoudig nie bewus wees dat die kleuter of baba siek is nie en sal nie die nodige aandag gee in term van dehidrasie, koors monitor, tam/papheid nie. U kan ernstige simptome op hierdie wyse onderdruk en gevolglik dringende nodige mediese aandag uitstel.