Belangrike Dokumente en Inligting

By Gogga Kleuterskool glo ons daarin om alles volgens die boek te doen en die nodige reëls, regulasies en veiligheidsmaatreëls te volg — van CCTV-kameras en streng higiëne tot noodhulpopleiding vir elke onderwyseres – ons doen ons bes om te verseker dat jou kind altyd in die beste en veiligste hande is. 

Sien hieronder ons sertifikate wat wys dat Gogga Kleuterskool aan die nodige vereistes voldoen. Ons stel veiligheid en kwaliteit eerste. 

Bewys van registrasie – Gauteng
Departement van Onderwys

Hierdie sertifikaat bevestig dat ons skool tenvolle as ‘n sorgfasiliteit geregistreer is en aan die toepaslike vereistes voldoen.

EMIS No: 700903279

Skryf in by Gogga Kleuterskool

Kontak die skool om so gou moontlik met die inskrywingsproses te begin. Maak ‘n afspraak om saam met die hoof deur die skool te stap, die inskrywingsvorm te ontvang en alle nodige inligting te verkry.

Gogga Kleuterskool voldoen aan
POPI-wet

Alle persoonlike inligting wat verskaf word, word streng privaat en vertroulik hanteer in ooreenstemming met die POPI-wet. Ouers moet eers toestemming gee dat die inligting verwerk en gebruik mag word uitsluitlik vir die doel waarvoor dit verskaf is.

Gesondheidsregulasies

Hier vind u belangrike gesondheidsdokumente, sertifikate en sieknotas wat verband hou met ons skool se gesondheids-, veiligheids- en higiënestandaarde.

706 Jacques Straat, Moreleta Park, Pretoria-Oos, 0044
navrae@goggaspeelskool.co.za 
0662315154

Created by Kooy Atelier Proudly powered by WordPress