Gogga Kleuterskool
Gogga Kleuterskool
Gogga Speelskool Hoof
Martha du Plessis

Ons hoof, Juffrou Martha, is verseker ‘n tweede mamma vir elkeen van ons Gogga-lyfies. Sy het ‘n sagte hart en altyd ‘n glimlag op haar gesig, daarom is al die kinders gek oor haar. Met haar kreatiewe denke laat sy skoolwerk soos ‘n speletjie voel.
Juffrou Martha bied met groot deernis die nodige ondersteuning aan ouers en personeel. Sy hou ons span onderwyseresse gemotiveerd en maak seker dat geen kleuterlyfie ooit ‘n slegte dag beleef nie. Met haar positiewe geaardheid sien sy graag die koppie as halfvol. Sy was van dag een af intens betrokke by die droom en die bou van Gogga Kleuterskool.
Haar kwalifikasies sluit in ‘n B. Prim-Ed (Unisa). Sy het meer as 19 jaar ervaring om met kinders te werk.

GOGGA SPEELSKOOL
Gogga Speelskool
Miems van Aswegen

Tannie Miems van Aswegen is die juffrou van ons Slakkieklas (3–14 maande) en die sagte hart van ons babaklas. Met haar rustige geaardheid, warm persoonlikheid en opregte liefde laat sy elke baba veilig, geliefd en geborge voel.
Sy het 13 jaar ondervinding as naskoolassistent en universiteitsdosent en beskik oor ’n BA Honneurs, Nasionale Onderwysdiploma en Diploma in Taal- en Teksversorging.

Gogga Speelskool
Doris Mashabana

Doris is ‘n opgeleide, bekwame assistent en ‘n betroubare, geduldige en harde werker. Sy is altyd positief en ondersteunend in die klas. Babas eet, speel en slaap tevrede met haar in die omgewing. Sy is vir ons kosbaar in die Slakkieklas.

Rosina Ngobeni

Rosina is ‘n uitstekende assistent en spanwerker met ‘n baie fyn aanvoeling en waarnemingsvermoë. Sy is ‘n oop en reguit mens wat netelige kwesssies en veeleisende situasies kreatief, prakties en taktvol hanteer.

Goggas Speelskool
Engela Botha

Juffrou Engela is die juffrou van ons Bytjieklas (1–2 jariges). Sy is saggeaard, geduldig en het ’n warm hart vir elke kind. Haar rustige gees, empatie en toewyding maak haar ’n kosbare deel van ons span.
Sy het 3 jaar ondervinding in skoolgee en is tans besig met haar B.Ed-graad.

Agnes Mathivha

Agnes het ‘n vrolike, borrelende
persoonlikheid. Die kinders is mal oor
haar en voel geliefd by haar. Sy neem met entoesiasme aan die klasaktiwiteite deel en is altyd bereid om te help sonder dat sy gevra word.

Gogga Speelskool
Christa Geringer

Juffrou Christa is die Besieklas (2-3 jariges) se toegewyde klasonderwyseres. Sy is ’n vriendelike en omgee-persoon wat altyd ’n glimlag op haar gesig het. 
Sy gee altyd haar beste en wil elke kind help groei en ontwikkel. Sy beskik oor sertifikate vir GR. R-onderrig, Vroeë Kinderontwikkeling asook Outisme. Sy is
tans besig met ‘n diploma in GR. R-onderrig.

Gogga speelskool
Francina Kgomotso

As Francina lag, verander enige onweerdag in ‘n sonskyndag. Die
Here staan as kern in haar lewe en sy
leef dit uit in haar menswees. Sy is ‘n
ware steunpilaar in die Besieklas.

Gogga Speelskool Skoenlapper Juffrou
Marlé Baartman

Juffrou Marlé Baartman is die juffrou van ons Skoenlapperklas (3–4 jariges), Gr. RRR, en die onderhoof. Sy is ’n toegewyde en passievolle opvoeder met ’n rustige geaardheid en ’n groot hart vir haar kleuters. Sy het 8 jaar ondervinding in onderwys en Vlak 6 in Vroeë Kinderontwikkeling. Sy het ook Kinder- en Traumaberading voltooi en studeer tans Spelterapie.

Assistent Gogga speelskool
Dinah Mahlangu

Dinah sien elke dag met soveel liefde, geduld en toewyding om na die Skoenlappermaats. Met haar sagte hart en omgee-geaardheid laat sy elke kind spesiaal en geliefd voel. Sy is altyd bereid om ‘n hand by te sit waar nodig en sy verrig elke taak met ‘n glimlag.

Gogga Speelskool
Danike Joubert

Juffrou Danike Joubert is die juffrou van ons Vuurvliegieklas (4–5 jariges), Gr. RR. Sy is kreatief, energiek en passievol, met ’n groot liefde vir elke kleuter in haar klas.
Haar kwalifikasies sluit ’n BA Honneurs en nagraadse kwalifikasie in Onderwys (UP) in. Sy studeer tans verder in Vroeë Kinderontwikkeling.

Gogga Speelskool
Sophie Thulisiwe

Sophie is ‘n besonderse, waardevolle en toegewyde lid van die Vuurvliegiespan. Sy is ‘n passievolle assistent wat met groot liefde, geduld en toewyding na elke kind omsien. Haar warm geaardheid, professionele ingesteldheid en natuurlike vermoë om met kinders te werk, maak haar ‘n onmisbare deel van die Vuurvliegieklas.

Gogga Personeel
Simoné Oosthuizen

Met haar sagte hart en liefdevolle
menswees maak Simoné ‘n groot verskil in die middae as personeellid. Sy het ‘n natuurlike en fyn aanvoeling vir babas en kleuters. Niks is ooit te veel vir haar nie en sy staan altyd reg om in te staan waar nodig.

Gogga Personeel
Anelda van Rensburg

Anelda is ons onderwysstudent wat met gemak by die kleuters inpas. Hulle voel geliefd en gemaklik in haar teenwoordigheid. Sy werk ook met groot gemak saam met ál haar kollegas.

Gogga Speelskool
Soné Trasey

Juffrou Soné is ons bekwame instaan-personeellid wat maklik by enige ouderdom aanpas. Sy neem met groot gemak leiding en sy is ‘n groot aanwins vir ons skool.

Betty Hlongwane

Betty is ons liefdevolle en vriendelike kombuisassistent. Haar werk is altyd deeglik en alles wat sy doen, doen sy met trots. Sy het ‘n klein hartjie en sal ‘n ekstra myl loop as sy weet dit kan iets vir iemand beteken.

GoggaSpeelskool
Solly Mphore

Solly is ons staatmaker terreinassistent. Hy is altyd vriendelik en reg om te help waar hy kan. Die kinders is baie lief vir hom. Hy is altyd reg om ‘n plan te maak as ons hulp nodig het met ‘n taak.

706 Jacques Straat, Moreleta Park, Pretoria-Oos, 0044
navrae@goggaspeelskool.co.za 
0662315154

Created By Kooy Atelier Proudly powered by WordPress