BESIEKLAS
2 JAAR – 3 JAAR

| Tyd | Aktiwiteit |
| 06:45 – 07:45 | Aankoms |
| 07:45 – 08:15 | Ontbyt |
| 08:15 – 09:00 | Vryspel / doeke ruil |
| 09:00 – 09:30 | Bybelstorie, Bybelliedjies, tematyd, rympie |
| 09:30 – 09:50 | Groot motoriese aktiwiteit |
| 09:50 – 10:00 | Toiletroetine en handewas |
| 10:00 – 10:20 | Verversings |
| 10:20 – 10:40 | Kuns / Musiek |
| 10:40 – 11:00 | Fyn motoriese aktiwiteit |
| 11:00 – 11:15 | Rympies |
| 11:15 – 11:30 | Toiletroetine en handewas |
| 11:30 – 12:00 | Middagete |
| 12:00 – 13:50 | Rustyd |
| 13:45 – 14:00 | Toiletroetine |
| 15:00 – 15:15 | Middag versnaperinge |
| 15:15 – 15:30 | Toiletroetine / Vryspel buite |
| 15:30 – 16:00 | Storietyd |
| 16:00 – 17:15 | Konstruksie – speelgoed binne |
| 17:00 – 17:30 | Huis toe |

Juffrou Christa is die Besieklas (2-3 jariges) se toegewyde klasonderwyseres. Sy is ’n vriendelike en omgee-persoon wat altyd ’n glimlag op haar gesig het. Sy gee altyd haar beste en wil elke kind help groei en ontwikkel. Sy beskik oor sertifikate vir GR. R-onderrig, Vroeë Kinderontwikkeling asook Outisme. Sy is tans besig met ‘n diploma in GR. R-onderrig.

As Francina lag, verander enige onweerdag in ‘n sonskyndag. Die Here staan as kern in haar lewe en sy leef dit uit in haar menswees. Sy is ‘n ware steunpilaar in die Besieklas.
