BYTJIEKLAS
14 MAANDE – 24 MAANDE

| Tyd | Aktiwiteit |
| 06:45 – 07:45 | Aankoms |
| 07:45 – 08:15 | Ontbyt |
| 08:15 – 09:00 | Vryspel / doeke ruil |
| 09:00 – 09:30 | Bybelstorie, Bybelliedjies, tematyd, rympie |
| 09:30 – 09:50 | Groot motoriese aktiwiteit |
| 09:50 – 10:00 | Hande was / doeke ruil |
| 10:00 – 10:20 | Versnaperinge |
| 10:20 – 10:50 | Beplande aktiwiteite: kuns |
| 10:50 – 11:10 | Fyn motoriese aktiwiteit |
| 11:10 – 11:30 | Vryspel |
| 11:30 – 12:00 | Middagete |
| 12:00 – 14:00 | Rustyd |
| 14:15 – 14:30 | Doeke ruil |
| 14:30 – 15:00 | Vryspel buite |
| 15:00 – 15:15 | Middag versnaperinge |
| 15:15 – 15:30 | Storietyd |

Juffrou Engela is die juffrou van ons Bytjieklas (1–2 jariges). Sy is saggeaard, geduldig en het ’n warm hart vir elke kind. Haar rustige gees, empatie en toewyding maak haar ’n kosbare deel van ons span. Sy het 3 jaar ondervinding in skoolgee en is tans besig met haar B.Ed-graad.

Agnes het ‘n vrolike, borrelende persoonlikheid. Die kinders is mal oor haar en voel geliefd by haar. Sy neem met entoesiasme aan die klasaktiwiteite deel en is altyd bereid om te help sonder dat sy gevra word.
