

Meer oor ons
By Gogga Kleuterskool Speelskool verstaan ons dat die kleuterskoolpad vir ouers én kleingoed vol eerstes, emosies en kosbare oomblikke is. Ons wil ’n veilige, liefdevolle tuiste wees waar elke kleuter raakgesien, gekoester en aangemoedig word om te leer, speel en groei. Hier stap ons die pad saam met ons ouers en skep ons herinneringe wat vir altyd gekoester sal word, alles deur God se Genade en Genade Alleen.
Aansoeke is oop regdeur die jaar
Ouers met meer as een kind in ons skool ontvang ’n 10%-afslag op die skoolfooie van die tweede en derde kind. Die volle skoolfooi is betaalbaar vir die eerste kind. Aansoeke is oop reg deur die jaar.
Belangrike Tye & Datums
ONS SKOOLGEBOU
Ons skool is met sorg ingerig om ’n veilige, warm en stimulerende omgewing te skep waar elke kleinding kan leer, speel en groei. Die ruim klaskamers bied verskillende areas vir kreatiewe spel, leeraktiwiteite, lees en rus – alles ontwerp om kinders gemaklik en tuis te laat voel terwyl hulle elke dag nuwe dinge ontdek.
Wat ons ouers sê
Die mooiste terugvoer kom van die ouers wat deel is van ons Gogga-familie. Lees wat hulle oor hul ervaring en hul kleingoed se tyd by Gogga Kleuterskool Speelskool te sê het.

706 Jacques Straat, Moreleta Park, Pretoria-Oos, 0044
navrae@goggaspeelskool.co.za
0662315154
Created By Kooy Atelier Proudly powered by WordPress

































